Is dit onmoontlik om bly te wees?

DAAR is dié wat sê: Wees altyd bly. Moenie kla nie. As dit moeilik gaan loof net die Here.

DAAR is dié wat sê: Wees altyd bly. Moenie kla nie. As dit moeilik gaan loof net die Here.

Die Jode het anders oor hulle verhouding met God gedink. Om by God te kla en Hom aan te kla was deel van hulle verhouding met Hom. Hulle het nie net gesing “Wenners, wenners, wenners” nie. Hulle het ook oor hulle pyn, verliese en seer gesing. Hiervan is die boek Klaagliedere die bewys.

Geloof is om soms in God vas te loop. Dit is om soms om in die donker te sit waar dit vir jou voel asof God jou verlaat het. Geloof is soms ‘n geveg met God. Jy mag jou ervaring hieroor met ander deel sonder om daaroor skuldig te voel. Jy kan en mag jou hart voor God oopmaak en leegmaak. God verstaan jou emosie. Hy weet hoe jy voel.

Maar beoefen ook geduld in jou swaarkry. Leer om te wag tot God ingryp, want dit gee diepte aan jou verhouding met Hom. God sal jou help op sy tyd, wat die beste tyd is. God het jou nie vergeet nie.

Die leegmaak van jou hart voor God verander die manier waarop jy na God kyk.

Hart leegmaak maak gesond. Om jou hart leeg te maak, is om jou hart oop te maak vir hoop en genesing. Om met God te worstel bring ‘n nuwe perspektief op God.

God slaan en troos, God breek en bou sê Klaagliedere 3:21.

Die stemming van die lied verander as die skrywer sing dat God se liefde geen einde het nie. Ja, ek het alles verloor, maar nie vir God nie. Ja, ek is God se gawes kwyt, maar ek is God nie kwyt nie! God bly getrou.

Die moeilike vrae in die lewe word nie in Klaagliedere opgelos nie.

Daardie vrae oor lyding en verlies het nie maklike antwoorde nie.

God moet weer vir ons onverstaanbaar word. God moet weer die ewig, onbegryplike Wese word. Wie dink dat hy of sy God verstaan en God in sy/haar greep het, aanbid ‘n afgod.

“It would indeed be terrifying to worship a God we could figure out,” sê Kara Powell.

Ons kan God ken, maar ons kan Hom nie verstaan nie.

Om God te ken word die Hebreeuse woord jada gebruik. Jada is persoonlik en intiem, dis Vader en kind, broos en afhanklik.

Om God te ken, is nie om te bely dat ons alles van Hom weet nie en dat ons dikwels uitgelewer is aan die risiko om seer te kry, maar om God te ken is om te glo dat alles op die ou end goed sal uitwerk (Rom. 8:28).

Exit mobile version