BlogsOpinion

In elke blok graniet is ‘n ongelooflike kunswerk

Die bekende woorde van Michelangelo, "In elke blok graniet sien ek 'n pragtige beeld," is 'n inspirasie vir Benjamin Zander, dirigent van die Boston Filharmoniese-orkes.

Die bekende woorde van Michelangelo, “In elke blok graniet sien ek ‘n pragtige beeld,” is ‘n inspirasie vir Benjamin Zander, dirigent van die Boston Filharmoniese-orkes.

Hy is daarop ingestel om die goeie en die mooi in elke mens raak te sien en na vore te bring. Hy noem hierdie benadering “Giving an A”. Benjamin Zander behandel alle mense asof hulle A-studente is.

Alle studente wat by hom klasse bywoon kry aan die begin van hulle musiekstudies ‘n A.

Jy fokus nie op mense se beperkings nie, sê hy, maar ontdek saam met hulle hul potensiaal. Jy skat alle mense na waarde en luister na hulle. Jy verwag iets van mense en daarom sal hulle vir jou hul beste gee.

In God se oë is jy ‘n A werd.

Dit is óns wat mense in klasse indeel en besluit of wie hulle is en wat hulle doen waardevol is.

Moet jouself nie onderskat nie. Moet ander ook nie so behandel nie.

Toe jy gebore is, het God soos die Meesterkunstenaar wat Hy is, teruggestaan en gesê: “Wat ‘n meesterstuk! Nog ‘n Meesterstuk! Dit is my kind. Ek het hom baie lief. Hy gee my oneindige vreugde (Johannes 3:17).

Benjamin Zander skryf die volgende oor sy mu-siekstudente se leefwêreld: “Hulle lewe in ‘n maalstroom van kompetisie waarin hulle meegesleur word en waarin hulle aanmekaar moet veg om te oorleef. Hulle lewe in ‘n wêreld vol rugstekery en klasse waar mense ingedeel word op grond van mense se idees. Hulle lewe in ‘n wêreld vol misbruik en uitbuitery waar mense op mekaar trap om bo uit te kom. Dit is in hierdie siek en skeefgetrekte wêreld waarin ons van hulle verwag om musikale meesterwerke te skep en op te voer.”

Is dit nie tragies nie? Ons skep ‘n toksiese omgewing wat mense geestelik, emosioneel en fisiek doodmaak; ‘n giftige omgewing waar dié met mag hulleself ten koste van die armes verryk, die weerloses uitbuit, en dan verwag ons dat die lewe moet blom en gedy.

‘n Jong man wat pas klaargemaak het met skool doen aansoek vir werk en hy kom na my toe vir ‘n getuigskrif.

Toe hy dit kom haal het hy lank daarna gekyk en vir my gesê: “Oom, dit klink nie soos ek nie”.

Toe sê ek vir hom: “Dan beter jy so word of ek én jy is in die moeilikheid”.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button