Opinion

Jy is God se Magnus Opus

Die moontlike getal verbindings in jou brein is groter as die getal atome in die heelal

Die moontlike getal verbindings in jou brein is groter as die getal atome in die heelal. Die Psalmdigter gaan nog verder as hy in Psalm 8:6 skrywe dat jy self ‘n soort god is en dat God jou tot met sy skepping vertrou (Psalm 8:7-9). Het God Hom met ons misgis? Het Hy wolf skaapwagter gemaak? Het versorgers vernielers, en oppassers uitbuiters geword? Het ons, omdat ons die kroon van God se skepping is, begin aanvaar dat alles op aarde daar is vir ons? Het ons alles vir onsself opgeëis ter wille van ons verryking, gemak en gerief?

Ons heers oor die skape, beeste, varke en hoenders deur hulle in kampies in te hok en hulle vet te voer met chemiese diëte sodat ons hulle sou gou as moontlik kan slag om die grootste moontlike wins te maak. Ons heers oor renosters, olifante, leeus en luiperds deur hulle in dieretuine of wildtuine te bewaar. 90% van die land het ons vir onsself opgeëis. Dit traak ons nie regtig wat met ons “gewone” vuilgoed gebeur nie, en solank die vullisverwydering net ordelik plaasvind, is ons gelukkig. Dat ons vullis berg-hoog ophoop pla ons min!

Ons heers oor die voëls in die lug, maar oor die lug is ons minder bekommerd. Ons pomp die lug vol brandstofdampe, want ons wil graag in ons motors, taxi’s, bote en vliegtuie ry. Ons verbrand elke jaar tonne steenkool per persoon. Daar is al hoe meer koolsuurgas in die lug as gevolg van al die energie wat ons verband en die bome wat ons afkap. Oor die gevolge daarvan sal ons ons later bekommer. Ons wil nou eers geld maak en gemaklik lewe.

Ons heers oor die visse van die see deur soveel as moontlik van te vang. Ons eis skoon drinkwater, maar bemors spruite, riviere, damme en die see. Vyftig persent van die reënwoude (die aarde se “longe”!) is reeds uitgekap. Ons moet mos hout hê om te brand en genoeg papier om ons koerante te kan lees. Ons het aan onsself begin dink as los van die aarde. Ons dink ons lewe op die aarde, maar ons lewe nie op die aarde nie, maar in die aarde. Ons is ingebed in die aarde se atmosfeer.

Ons is besig om die tak waarop ons sit af te kap. Ernst Schumacher skryf: Modern humanity does not experience itself as a part of nature but as an outside force destined to dominate and conquer it. Humans even talk of a battle with nature, forgetting that, if they won the battle, they would find themselves on the losing side (Small is beautiful, 1973).

Wat is ons besig om aan te vang? Dis tyd dat ons ons persepsies hieroor sal verander, en anders begin lewe.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button