Opinion

Die reg om die verskil te wees

Elke oggend wemel die strate met voertuie wat kinders betyds by elkeen se laerskool, hoërskool, kleuterskool of dagmoeder moet besorg.

Elke oggend wemel die strate met voertuie wat kinders betyds by elkeen se laerskool, hoërskool, kleuterskool of dagmoeder moet besorg.

Hierdie kinders is die toekomstige leiers van die samelewing en te dikwels stap hulle na die hekke van die skool met vrees in hulle harte.

Kinders ervaar verbale afknouery, afbrekende aanmerkings en tergery. Die boeliegedrag kring uit na emosionele afknouery deur verwerping, terrorisering, vernedering en vermyding.

Fisieke afknouery word ook oral gevind en sluit in dat die kind se kos afgeneem word of dat hy gebyt, gestamp of geslaan word.

Die kinders wat geboelie word is dikwels verleë en skaam.

Ons is nie wat ons dink ons is nie, ons is nie eers wat ander dink ons is nie, ons is wat ons dink ander dink ons is, lui die spreekwoord.

Ons weeg elkeen se woorde en optrede op en reageer soos ons die reëls ervaar. Ons spreek die probleem aan, maar die selftwyfel bly sluimer in die ge-dagtes van die kind.

Maartmaand is tradisioneel die maand van menseregte. ‘n Maand wat ons weer laat dink of ons ingesteldheid teenoor tekortkominge enige impak maak.

Ons kinders hoef nie die rol van “slagoffer” in te neem nie. Die situasies wat ons kinders en onsself beleef en ervaar kan verander word. Die verandering vind plaas deur ‘n deur na verantwoordelike “keuses” oop te maak.

Die samelewing se verantwoordelikheid is juis om saam te staan en ons kinders te help. Wanneer ons boeliegedrag waarneem en daarop reageer, verminder ons die langtermynskade van afknouery wat nie betyds aangespreek is nie. Die samelewing is verantwoordelik om grense en dissipline te stel wat tot sekuriteit lei.

Ons kinders kyk na elkeen van ons in die hoop tot ‘n beter toekoms, ‘n toekoms weg van vrese en afknouery. Wanneer ons die negatiewe in die lewe aanskou en nie sien as krisisse nie, sal ons die uitdagings aanpak wat oplossings bring.

Hierdie maand is die maand waar jy jouself toevou met ‘n rubbermuur. Elke negatiewe gedagte, idee, afknouery, vrees en vermyding bons weg van jou af.

Jy het die reg tot lewe, die reg tot gesonde verhoudinge en die reg om in vriendskappe te staan wat opbou.

Jy het die reg om uniek te voel en te weet God het jou kinders die reg gegee om die verskil te wees in Sy naam sonder vrees.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button