Opinion

Liefde eis van jou geregtigheid, en geregtigheid op sy beurt, eis liefde

Liefde eis van jou geregtigheid, en geregtigheid op sy beurt, eis liefde

RUSPLEKKE EN RIGTINGWYSERS

Dit is die een wat terugslaan wat die geveg begin, maar die een wat vergewe begin die vrede!

Aan ‘n kruis op Golgota begin God die vrede tussen Hom en ons. Hy sê vir ons: Ek hou nie jou verlede teen jou nie. As ons Hom “Vader” noem, moet ons ook so lewe.

Beteken dit dat dan dat die onreg wat ons aangedoen is sal oorsien, en die oortreder vergewe? Moet ons, soos deurmatte, maar op ons laat trap? Nee! Om jou vyand lief te hê beteken nie om sy onreg goed te praat nie. Om selfs my vyand lief te hê, is ‘n Bybelse opdrag, maar geregtigheid ook!

Liefde en geregtigheid staan nie teenoor mekaar nie. Liefde eis geregtigheid en geregtigheid eis liefde. Liefde sonder geregtigheid lei tot onreg en geregtigheid sonder liefde lei tot tirannie.

Al het ek my vyand lief moet die reg nog sy gang gaan. My vergifnis spreek die ander vry, maar nie vry van die gevolge van sy dade nie. Dikwels moet mense nog jare met die gevolge van hulle dade saamlewe, soms lewenslank agter tralies. Die owerheid wat die reg moet handhaaf is daar deur God se beskikking (Romeine 13:1-7).

Vergifnis maak die vergewer vry. As jy ander nie vergewe nie maak dit jou miserabel. God het ons geskep om vry te wees van bitterheid en wraak. Oud-president Nelson Mandela is eendag gevra of hy wraak koester teenoor hulle wat hom vir 27 jaar op Robbeneiland gevange gehou het.

Sy antwoord: Nee, ek het hulle vergewe, want as ek hulle nie vergewe het nie, was ek nog steeds in die tronk. Die bekende Mahatma Gandhi het gesê: “The weak can never forgive. Forgiveness is the attribute of the strong.”

Op 6 Januarie 1900 om 01:00 klim die Harrismith-kommando Platrand net buite Harrismith uit om die Britte die stryd aan te sê. ‘n Nuwe dag breek. Die boere maak gereed vir die geveg en die Britte probeer keer. Teen 16:00 bars ‘n hewige donderstorm los. Paniek het gedreig en beide die Britte en die boere het gehuiwer. Om 17:00 begin die Britte met bajonetstormloop. Hulle is deur die boere, wat roekeloos opgestaan en skiet het, afgemaai? Man teen man geveg begin en baie Britte en boere sterf.

Baie is so swaar gewond dat hulle later aan hulle wonde beswyk. In doodsgevaar verpleeg ds. JD Kestell, die Boere se veldprediker, gewondes van albei kante. Swaar gewonde Britse sersant sê vir Kestell: “You are preaching a good sermon to-day.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button