Editor's noteLettersOpinion

Boelies moet nóú vasgevat word

Omgeklits.

Ek was verstom toe ‘n persoon in ons Bybelstudiegroep onlangs vertel van boelies by ‘n vooraanstaande hoërskool in die stad en hoe kinders mekaar openlik boelie en seermaak.

Die persoon het vertel neuse en monde word toedruk totdat ‘n kind letterlik blou word in die gesig, hulle koppe word in die toiletbakke gedruk en kinders word geboelie op fisiese, emosionele en verbale vlak. Dít terwyl prefekte gerieflik anderpad kyk, dié gedrag ignoreer en maak of hulle niks raaksien nie.

Daar is ook nie juis volwasse toesig op die skoolterrein nie. Daaroor kan mens ook maar net wonder. Onlangse navorsing het getoon dat een uit vier onderwysers boelie-gedrag verdra en, sou hulle dit wel raaksien, slegs 4% tussenbeide sal tree.

Navorsing het gevind dat sowat 70% van kinders een of ander tyd aan boelie-gedrag blootgestel word. Volgens kenners is boelies gewoonlik kinders wat uit huise kom waar fisiese strafmaatreëls toegepas word, wat ‘n swak selfbeeld het en self aan boelies blootgestel is.

Die boelie-gedrag neem vorme aan soos vuil taal, ‘n tergery, negatiewe kommentaar oor voorkoms asook fisiese geweld soos slaan, skop, pootjie en bakleiery

Ook word kinders geïgnoreer, uit groepe hou, uitgelok, verneder, skinderstories word oor hulle versprei en hulle word afgedreig.

Boelie-gedrag skuif ook noy na die kuberruim met afknouery wat geskied deur e-posse, sosiale blaaie en SMS’e.

Baie kinders kyk bloot toe, maar soms word boelies aangemoedig.

Ek wonder wat sal gebeur as die wat net toekyk besluit om op te staan vir die regte van die slagoffer? Om ‘n paar keer as groep op te staan en vir die boelie sê genoeg is genoeg.

Kinders kan gerus bemagtig word op skool deur anti-boelie intervensiemetodes te leer, probleemoplossing en dispuutoplossingmetodes te leer en deur onderwysers wat ondersteuning bied.

Tree as skool konsekwent en onmiddelik op teen boelies. Reël vir volwasse toesig op die terrein en in badkamers. Voed kinders op en leer hulle dat om ander te boelie onaanvaarbaar is. Beklemtoon omgee en respek vir mekaar.

Moenie boelie-gedrag ignoreer nie. Kyk uit vir vreemde gedrag by jou kind en praat met die kind. As niks help nie en die boelie wil nie ophou nie, lê ‘n klag teen die boelie of sy familie.

Moenie dat die boeliery so ver gaan dat die hulp van ‘n organisasie soos die Menseregtekommissie ingeroep word soos tans by ‘n skool elders in die land gebeur het nie.

Stop boelies in hulle spoor! Die gevolge kan lewenslange letsels en gevolge laat.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button