Schools

Kookwater sewesrugby by Hoërskool Piet Potgieter

HPP het in samewerking met Werner Krafft en Piet Botha met die idee opgekom om 'n sewesrugbytoernooi vir o/13-spanne te begin.

MOKOPANE – Altesaam agt rugbyspanne het verlede Saterdag aan Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se heel eerste sewesrugbytoernooi vir o/13’s deelgeneem.

HPP het in samewerking met Werner Krafft en Piet Botha met die idee opgekom om ‘n sewesrugbytoernooi vir o/13-spanne te begin.

“Ons het die dag gereël aangesien daar ‘n leemte raakgesien is by die o/13’s – daar is slegs reeks vir o/10’s en o/12’s,” vertel Botha.

Hannes Bezuidenhout en Antoon du Plessis in aksie.

Hulle beplan om volgende jaar weer ‘n toernooi aan te bied en Botha en Kraff is positief dat dié toernooi gesond sal groei.

Rugbyspelers het die dag baie geniet en kan nie wag vir die volgende toernooi nie. Spanne wat deelgeneem het sluit in Potgietersrus Jeugklub, Laerskool Krugerpark (Victorius Secret en Try-Runosoris Rex), Ortloff’s Preparatory School, Ratels Jeugklub (Ratels 1 en Ratels 2) en Harlequins Limpopo asook Unity van Duiwelskloof.

Niemand kan vir Juvan Berrangé stuit nie.

Die skildwenners van die dag was die Victorius Secret-span van Laerskool Krugerpark en die plaatwenners was die Ratels 1 span van Polokwane.

Die Potties Jeugklub en Ratels 2 span het teen mekaar te staan gekom in die bekerfinaal om te bepaal wie die toernooikampioen is.

Die eindtelling was gelykop na ‘n goeie wedstryd tussen die twee spanne, en Potties het egter gesorg vir die eerste telling op die bord en die Potties Jeugklub is as wenners gekroon.

Dawid Oosthuizen druk ‘n drie onder die pale.

Die organiseerders van die toernooi bedank al die borge, NTT Toyota, LM Engineering, Rainbow Butchery en Huddies Bakery vir hul bydrae en ondersteuning, asook vir mnr. Habig van HPP vir die gebruik van die sportveld, en SOS Ambulansdienste vir die noodhulp.

“Baie dankie ook aan al die afrigters, spelers en ouers wat deelgeneem het en ondersteun het om van die dag ‘n reuse sukses te maak.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button