Oud-Osie verkies tot Affies-hoofseun

Andru van Zyl, wat in 2020 ook die hoofseun by Oosskool was, staan volgende jaar belangrike skoene vol by dié topskool in Pretoria.

POLOKWANE – Met slegs ‘n jaar van sy skoolloopbaan wat oorbly, lê daar beslis ‘n besige maar blink tyd voor vir oud-Oosskoolleerder, Andru van Zyl.

Dié uitnemende jongman is onlangs tot hoofseun verkies van die Afrikaanse Hoër Seunsskool, vir 2025.

Hy was in sy gr.7-jaar in 2020, ook die hoofseun by Oosskool.

Op laerskool het Andru aan verskeie sportsoorte deelgeneem, en is ‘n gedugte redenaar.

“Die meeste van my herinneringe van die laerskool kom van die sportveld af. Ek onthou egter ook die tyd van ons Covid-19-jaar as die beste. In plaas van die leerders, het die onderwysers klasse gewissel en so het ek en my medeleerders ons klas ‘n kuierplek gemaak. Nou sal ek nog so ‘n dag waardeer.”

Sukses beteken vir elke mens iets anders en Andru sê dit hang beslis af waaraan ‘n mens sukses meet.

“Ek is dankbaar oor die besluit wat ek kon maak om ‘n Affie te kon word, en dankbaar vir die geleenthede wat my kant toe gekom het.”

Nou dat Andru terugkyk oor sy hoërskooljare, erken hy hy sou ‘n paar dinge wel anders gedoen het.

“Daar is natuurlik interaksies met ander mense wat nie altyd glad verloop het nie, maar ek glo dit het ‘n groot rol gespeel in die verbetering van my sosiale vaardighede. Ek sou ook meer by die gimnasium wou uitkom, want dit sou my dalk beseringvry gehou het!”

Lees meer oor Andru in hierdie week se uitgawe van Polokwane Review.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version