Osies vereer rugby en netbalspelers

Vaylin Kellerman, onderhoofseun: sport, het tydens die opening vir die rugbyspelers en hulle ouers herinner dat talent nie altyd genoeg is nie.

POLOKWANE – ‘n Span is net so sterk soos sy swakste speler, maar sit jy slegs die beste speler in, is daardie einste span nie van veel waarde nie.

Met hiérdie boodskap is Oosskool se netball- en rugbyspelers verlede Dinsdag en Woensdag tydens die jaarlikse wintersport prysuitdeling begroet, waar elkeen beloon is vir sy of haar aandeel in die skoolspanne se sukses vanjaar.

Netbalorganiseerder Ingrid Pelzer het die netbalspelers en hulle ouers toegespreek en bemoedig met die woorde, “Jy gaan vir die res van jou lewe in ‘n span wees”. Sy het hulle herinner dat die lewe ook oor meer as net netbal gaan.

“Elke speler is wonderlik en ‘n kampioen. Is jy ‘n kampioen in die wedstryd van die lewe? Hoe tree jy op wanneer dit goed gaan en jy wen? Hoe tree jy op wanneer dit sleg gaan en jy verloor? “

Sy herinner hulle daaraan dat hulle versigtig moet wees vir dit wat in hulle harte aangaan.

“Dit waarvan die hart vol is, loop die mond van oor. Gee meer as wat jy ontvang en leef met jou arms wyd oop, as jy gee is jou hart oop vir ontvang.”

Vaylin Kellerman, onderhoofseun: sport, het tydens die opening vir die rugbyspelers en hulle ouers herinner dat talent nie altyd genoeg is nie.

“‘n Mens moet heeltyd werk om beter te word en jou alles gee om vorentoe te beur.”

Tydens Gideon Pelzer, skoolhoof, se geleentheidsboodskap het hy klem gelê om dit wat jy begin, te voltooi.

“Jou enigste gestremdheid is ‘n swak houding. Die persoon met ‘n gebrek maak nie heeltyd verskoning nie, maar die een wat sonder ‘n gebrek is, maak verskoning oor waarom hy nie kan presteer nie.”

Hy voeg by dat die lewe nie net oor wen en verloor gaan nie, maar dat die grootste oorwinning jou karakter is wanneer dit sleg gaan.

“Wat jy begin, is wat jy klaar maak. Daar is twee definitiewe uitkomste, wie wen en wie verloor. Jy bepaal die wie. Hoe lyk jou hart en jou houding. Doen dit wat ander nie wil doen nie, werk onverpoos om sukses te behaal. Wees geestelik sterk en moet nie moed opgee nie.”

Pelzer sluit af deur die spelers te herinner dat elke spanmaat nodig is om ‘n suksesvolle span te maak.

BLOKKIE:

Netbal:
Daar het 85 meisies in 11 spanne aan die 2024-netbalseisoen deelgeneem. In Februarie het die spelers en hulle afrigters ‘n eksklusiewe netbalkursus, aangebied deur dr. Elsje Jordaan, in samewerking met Minnette Dempsy, bygewoon.
In April is hulle een van 15 skole in Suid-Afrika wat aan die Dr. Elsje Jordaan Laerskoletoernooi deelgeneem. Dit is tans die grootste laerskole toernooi in die land.
• A-en B-spanne neem in afsonderlike groepe deel.
• o/9’s neem vriendskaplik deel.
• o/10A’s eindig vyfde uit 15 spanne.
• o/10B’s eindig vyfde uit 15 spanne.
• o/11A’s eindig sesde uit 15 spanne.
• o/11B’s eindig tweede uit 15 spanne.
• o/12A’s eindig vierde uit 15 spanne.
• o/12B’s eindig agtste uit 15 spanne.
• o/13A’s eindig agtste uit 15 spanne.
• o/13B’s eindig agtste uit 15 spanne.

Super 12:
Oosskool is in die A-afdeling en dus deel van die top 12 skole. Slegs o/10-o/13 spanne neem deel aan die Super 12.
Uitslae:
• o/10A eindig sewende.
• o/11A eindig sewende.
• o/12A eindig 10de.
• o/13A eindig agtste.

Liga:
• 19 skole in die Capricorndistrik vorm deel van die liga.
• Agt spanne van Oosskool ding mee.
• Die o/9’s neem nie kompeterende deel nie, aangesien hulle volgens die netbalkonstitusie mini-netbal moet speel.
• Ligawenners: o/10A, o/10B, o/11A, o/11B en o/12A.
• Liganaaswenners: o/13A en o/13B.
• Derde: o/12B.

Distrikkampioenskappe:
• o/11A’s eindig eerste.
• o/11B’s eindig tweede.
• o/12A’s eindig tweede.
• o/12B’s eindig derde.
• o/13A’s eindig tweede.
• o/13B’s eindig vierde.

Die o/12A- en o/13A-spanne neem deel in die Limpopo kampioenskappe deel te neem. Die o/13A’s val in die semi-finale uit en die o/12A tree uit as Limpopo naaswenners. Die o/12A’s kwalifiseer om aan die A.A. Top Skole Kampioenskappe deel te neem.

TROFEE:

• Ronel Kok Trofee vir netbalspeler van die jaar: Katelyn Ferns en Jennifer Olivier.

Jennifer Olivier en Katelyn Ferns ontvang die Ronel Kok Trofee vir netbalspeler van die jaar.

• Luüs Trofee vir junior netbalspeler van die jaar: Leané van Tonder.

Leané van Tonder ontvang die Luüs Trofee vir junior netbalspeler van die jaar.

• Badenhorst Trofee vir beste vordering: Lia Muller.

Lia Muller ontvang die Badenhorst Trofee vir beste vordering.

• Inge Cilliers Trofee vir afrigter van die jaar: Leandra Prinsloo en Annerie van der Walt.

Annerie van der Walt en Leandra Prinsloo ontvang die Inge Cilliers Trofee vir afrigter van die jaar.

• Janet Snyman trofee vir die span met die hoogste doelgemiddeld: o/12A-span.

Rugby:
• Van Wyk Trofee vir junior span van die jaar: Die o/11A is Limpopowenners en behaal ‘n negende plek by Super 12.

Wiegardt Du Toit en Welrich Christou met die Van Wyk Trofee vir junior span van die jaar.

• Die Gerrit Cloete Trofee vir die senior span van die jaar: Die derde span is ligawenners en ook Limpopo naaswenners.

Jordan Crossberg Luan Booysen met die Gerrit Cloete Trofee vir die senior span van die jaar.

• Sanlam Trofee vir voorspeler in die eerste span: Mauritz Venter.

Mauritz Venter ontvang die Sanlam Trofee vir voorspeler in die eerste span.

• Carl Koch Trofee vir agterspeler in die eerste span: Marius Smit.

Marius Smit ontvang die Carl Koch Trofee vir agterspeler in die eerste span.

• Boerebenodighede Trofee vir speler van die jaar: Eben Smit.

Eben Smit ontvang die Boerebenodighede Trofee vir rugbyspeler van die jaar.

• Frederich Cilliers Trofee vir afrigter van die jaar: Werner de Beer en Jan Boland Deysel.

Werner de Beer en Jan Boland Deysel ontvang die Frederich Cilliers Trofee vir afrigter van die jaar.

• Efan Meyer Trofee vir skeidsregter van die jaar: Jan Boland Deysel.

Jan Boland Deysel ontvang die Efan Meyer Trofee vir skeidsregter van die jaar.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version