Kruinies se Mosaïek is propvol kuns en kleur

Curro Heuwelkruin is uniek in die sin dat die hele hoërskool, onderwysers ingesluit, deelneem en die nuwe groep gr. 8's speel wel die hoofrolle.

POLOKWANE – Mosaïek is ‘n kunsvorm waarin kleur en vorm gebruik word om ‘n eenheid te skep.

So is Curro Heuwelkruin se jaarlikse konsert, Mosaïek, ‘n produksie van vermaak, dans en toneelspel.

Dié konsert is uniek in die sin dat die hele hoërskool, onderwysers ingesluit, deelneem. Die nuwe groep gr. 8’s speel wel die hoofrolle en word uitgeken in hulle blou oorpakke, ‘n tradisie by Heuwelkruin.

Hierdie jaar het drie vriende wat reeds sedert laerskooldae vriende is, by die hoërskool aangekom, onseker oor waar hulle moet wees. Leerders van die ander grade verwelkom, verwar en verwoes byna dié vriendskap met danse en dialoog, maar ten einde laaste besef die drie waar hulle in die hoërskool inpas, gereed om nuwe vriende te maak.

Aan die einde van die aand word geld ingesamel wat dan deur die gr. 12-groep gebruik word om iets vir die skool aan te koop en as geskenk te gee.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version