Oosskool hou atletiekdag

Laerskool Pietersburg Oos het Saterdag ‘n vriendelike atletiekbyeenkoms aangebied waarin vier ander skole meegeding het.

POLOKWANE – Oosskool het Saterdag ‘n vriendelike atletiekbyeenkoms aangebied waarin vier ander skole meegeding het: Pieterburg Laerskool, Laerskool Piet Hugo, Louis Trichardt Primary en Noordskool.

Ouers, ondersteuners en vriende van die skool het atlete vlytig aangemoedig, terwyl die jongelinge in onder meer naellope, spiesgooi, gewigstoot, hekkies, hoogspring en diskus meegeding het.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version