Schools

Hoekom lewensoriëntering belangrik is

Volgens die Department van Onderwys behels lewensoriëntering die studie van jouself in verhouding tot ander en die samelewing.

POLOKWANE – Lewensoriëntering, ten spyte van talle opinies wat dié vak as ligtelik afmaak, bly ‘n belangrike vak in die skoolkurrikulum waarin leerders bemagtig word met belangrike lewensvaardighede.

Volgens Beatrix Nieuwoudt, lewensoriënteringvakhoof by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, kan die belangrikheid van lewensoriëntering as vak nie misgekyk word nie.

“Leerders leer wat belangrik is in die werksmark en word voorberei vir die beroep wat hulle wil nastreef. Daar is ook ‘n komponent waarin fisiese onderrig ‘n belangrike rol speel, en die belangrikheid daarvan om gesond te leef en sodoende ‘n gesonde gees te kan handhaaf.”

Volgens die Department van Onderwys behels lewensoriëntering die studie van jouself in verhouding tot ander en die samelewing. Dit sluit in emosionele, geestelike, intellektuele, motoriese en fisiese groei en die ontwikkeling van elke leerder. Die vak berei leerders voor vir die lewe, verantwoordelikhede en moontlikhede terwyl dit kennis, waardes, houdings en vaardighede oor hulleself, die omgewing, sosiale betrokkenheid en ontspanning aanspreek.

Met die inligting wat gedurende die leerders se skoolloopbaan in lewensoriëntering aangeleer word, word hulle bemagtig vir die lewe na skool.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button