Schools

Hoërskool Pietersburg vier fees met skitter-matriekuitslae

Die klas van 2023 spog met altesaam 204 onderskeidings en 'n slaagsyfer van 99.57%.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg is nie net een van die top skole in die stad nie, maar ook in Limpopo.

Na afloop van die Nasionale Senior Sertifikaateksamen van 2023 spog die skool met ‘n slaagsyfer van 99.57%.

Die klas van 2023 spog met altesaam 204 onderskeidings, waarvan die toppresteerders die volgende matrikulante is:

• Sewe onderskeidings:

Izelna Venter, Cara van der Goot, Cailin Menzies en Karlize Bacher.

• Ses onderskeidings:

Jeania Steyl.

• Vyf onderskeidings:

Elri Vorster, Lésia Els, Zoë Dunster-van den Heever en Zanie Bosch.

Izelna, wat ook die skool se hoofmeisie was verlede jaar, spog met sewe onderskeidings en ‘n gemiddeld van 90.43%.

Sy begin vanjaar haar studies in B.Rek (LLB) aan die Universiteit van Stellenbosch.

“My graad is ‘n rekeningkundige en regsgraad in een. Die afgelope eksamen was glad nie maklik nie en vir my was dit ‘n groot uitdaging. Ek het soggens vroeër opgestaan en naweke gewerk met die doel om toppresteerder te wees.

“Deur die jaar het ek baie hersiening gedoen. My boodskap aan leerders wat nou in gr. 11 is, is om altyd hard te werk, maar terselfdertyd ‘n balans te handhaaf. Jy gaan uitbrand as jy nie gereeld rus nie.”

Behalwe vir akademie het Izelna ook uitgeblink in debat en sport, en sy erken dit was soms moeilik om alles te balanseer.

Haar tweeling broer, Jan-Hendrik, het self drie onderskeidings behaal en beoog om aan die Universiteit van Limpopo te studeer.

“Ons as skool is baie trots op hierdie leerders en hulle uitslae. Uit die uitslae is dit duidelik dat elkeen sy of haar kant gebring het. Ons wens vir hulle die beste toe in die toekoms,” sê Ellis.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button