Schools

Reffie-kleuters rol in die modder by Varkiedag

By Akademie Reformia se Kleinbegin Kleuterskool het die kleuters Donderdag Varkiedag gehou en met ou klere aan het hulle die geleentheid gekry om in die modder te speel.

POLOKWANE – Varkies woon in morsige omstandighede.

Hulle geniet ‘n modderbad en dink niks daarvan om elke dag eerder ‘n modderbad te neem as ‘n bad met skoon water nie.

Harmoné; du Plessis geniet die Varkie-dag.

Dit is dan ook hoe die term Varkie-aand ‘n plek in die meeste ouerhuise gekry het. Gewoonlik is dit ‘n Vrydagaand en gaan dit gepaard met flieks en wegneemetes.

Op Varkie-aande spring kinders die bad vry en klim hulle met vuil voete en al in die bed. By Akademie Reformia se Kleinbegin Kleuterskool het die kleuters Donderdag Varkiedag gehou en met ou klere aan het hulle die geleentheid gekry om in die modder te speel.

Lisa van der Westhuizen geniet ‘n modderbad.

Party kleuters het nie kans gesien vir die gemors nie, maar ander was spoedig vol modder.

Gr. R-juffrou Alta, sê dit is nodig vir kleuters om deel te neem aan aktiwiteite soos Varkiedag.

Amelie en Amalia Willemse toets eers die water vol grond.

“Dit help om hulle bloot te stel aan verskillende teksture en die meeste van hulle geniet dit ook.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button