Schools

Pietersburg Laerskool hou Ramkat Knipmesbraai

Die PLS Ondersteunersklub same jaarliks geld in vir die skool se minderbevoorregte leerders, en ook vir dié wie se ouers nie die toergelde kan bybring nie.

POLOKWANE – Pietersburg Laerskool (Suidskool) het onlangs die tweede jaarlikse Ramkat Knipmesbraai vir die Manne op dié skool se rugbyveld aangebied, toe pa’s en vriende Vrydagaand daar byeengekom het.

Skoolhoof Jacques Bartlett het aan Review gesê dat die geleentheid oop was vir elkeen in die gemeenskap wat die skool ondersteun, asook die PLS Ondersteunersklub.

Manne wat die geleentheid meegemaak het, het ook elkeen ‘n knipmes as souvenier ontvang, terwyl die dag heerlike rondom die spit en braaivleisvure deurgebring is.

“Daar word nie naastenby genoeg geleenthede in die dorp gehou wat net vir die manne bedoel is nie, en ons wou ‘n funksie hou waar hulle kon netwerk en sosialiseer, nuwe vriendskappe bou en oues hernu.

Die manne gesels oor rugby en meer tydens die geleentheid.

Ons het gehoop op so 80 of 90 manne, en dit was ‘n reuse sukses.”

Die mans, waarvan talle ouers van die skool is, het ook die Wêreldbekerbeker wedstryd tussen Engeland en Argentinië op die groot skerm kon kyk.

Saam met die PLS Ondersteunersklub se insette was daar ook heerlike groente wat die vleis kon aanvul.

Die lekkerste plek om te kuier is naby die braaivleisvuur.

Die PLS Ondersteunersklub same jaarliks geld in vir die skool se minderbevoorregte leerders, en ook vir dié wie se ouers nie die toergelde kan bybring nie.

“Ons bedank elke persoon wat saam met ons kom kuier het en die geleentheid ‘n sukses gemaak het. Baie dankie ook aan ons ouers wat die skool ondersteun, en ons hande sodoende sterk maak,” het Bartlett afgesluit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button