Schools

PHS-matrikulante vier laaste dag van skoolloopbaan

Die gr. 12's het vroegoggend in die matriekblok byeengekom en daarna deur 'n erewag gestap na die vierkant om saam met die res van die skool af te sluit.

POLOKWANE – Elke jaar op PHS se gr. 12-groep se laaste skooldag, word daar op ‘n tradisionele manier afskeid geneem.

Só was dit dan ook Vrydag die geval tydens die jaarlikse Matriek Vaarwel.

Nicolas Oerlemans en Wian Terblanche by Scottie.

Die gr. 12’s het vroegoggend in die matriekblok byeengekom en daarna deur ‘n erewag gestap na die vierkant om saam met die res van die skool af te sluit.

Izelna Venter en Wian Terblanche, hoofleiers van 2023 het die skool toegespreek waarna hulle die vaandel, Kardoesie en Scottie, die skool se gelukbringer aan die nuwe hoofleiers, Nicolas Oerlemans en Lara van Staden oorhandig het.

Izelna Venter en Lara van Staden met Kardoesie.

Om die oggend af te sluit het die gr. 12’s deur die Poort van die Toekoms gestap en saam met hulle ouers ‘n kerkdiens in die saal bygewoon.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button