POLOKWANE – Reeds van vroeg Saterdagoggend af het opgewonde kleuters en hulle families by Oosskool opgedaag, toe dit weer tyd was vir Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se jaarlikse atletiekdag.
Elke klas, geklee in hulle kortbroeke en graadhemde, het in groepe bymekaargekom waar hulle vir die ouers gesing en dans het.
Hierna het die naellope plaasgevind, waar die ouers by die eindstreep staan, gereed om elke Teddie te vang.
Ander items wat deur die kleuters en hulle ouers geniet is, sluit in hekkies, broem-broems, sakresies, toutrek, waterpret, verspring, motorfietsresies, kruiwastoot en saksleep.
Die hindernisbaan was weereens baie gewild en die kleuters het dit geniet om vir hulle ouers te wys tot wat hulle alles in staat is.