Schools

Osieteddies hardloop dat die stof so staan

Die hindernisbaan was weereens baie gewild en die kleuters het dit geniet om vir hulle ouers te wys tot wat hulle alles in staat is.

POLOKWANE – Reeds van vroeg Saterdagoggend af het opgewonde kleuters en hulle families by Oosskool opgedaag, toe dit weer tyd was vir Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se jaarlikse atletiekdag.

Gustav Vermeulen gooi sy arms in die lug tydens verspring. Inlas: Wihann Pretorius jaag met die motorfiets.

Elke klas, geklee in hulle kortbroeke en graadhemde, het in groepe bymekaargekom waar hulle vir die ouers gesing en dans het.

Chenique de Lange neem deel aan die naellope.

Hierna het die naellope plaasgevind, waar die ouers by die eindstreep staan, gereed om elke Teddie te vang.

De Jager Steenkamp geniet die waterspeel aktiwiteit.

Ander items wat deur die kleuters en hulle ouers geniet is, sluit in hekkies, broem-broems, sakresies, toutrek, waterpret, verspring, motorfietsresies, kruiwastoot en saksleep.

Die hindernisbaan was weereens baie gewild en die kleuters het dit geniet om vir hulle ouers te wys tot wat hulle alles in staat is.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button