‘n Madeliefiefees propvol hoogtepunte

Regdeur die jaar speel PHS se spanne teen spanne van ander skole, maar in die laaste week van die kwartaal lyk dinge op die sportvelde egter heelwat anders.

POLOKWANE – Die derde kwartaal het tradisioneel ‘n propvol skolesportkalender – die kwartaal skop af met rugby, netbal en hokkie en eindig met tennis en krieket.

Regdeur die jaar speel die spanne teen spanne van ander skole, maar in die laaste week van die kwartaal lyk dinge op die sportvelde egter heelwat anders.

Cara van den Goot gooi die bal vir haar spanmaat.

Dit is hier waar die matrieks gewoonlik die res van die skool uitdaag in hokkie, netbal en rugby en by Hoërskool Pietersburg is die Madelieffees, ‘n hoogtepunt elke jaar.

Divan Brown skop die bal.

Verlede Donderdag was dit uiteindelik tyd vir die fees waarna soveel uitgesien het.

Uitslae:

• Hokkiemeisies: Res wen 4-1.

• Hokkieseuns: Res wen 3-0.

• Netbal: Res wen 19-12.

• Rugby: Matrieks wen 50-3.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version