Schools

Champ of Champs wag vir Osies se hokkiebestes

Die spelers, afrigters en ondersteuners van Oosskool was oorstelp met vreugde toe hulle besef hulle is die wenners.

POLOKWANE – Terwyl die son verlede Saterdag warm op Hoërskool Pietersburg se astroturfbaan neerbak maak eerstespanhokkiespelers van skole in die provinsie gereed om mekaar die stryd aan te sê.

Dit was die finale wedstryde van die Limpopo Premier Hokkieliga vir laerskole en plaaslike skole wat deelgeneem het was Oosskool, Curro Heuwelkruin en Pietersburg Laerskool.

Hendry Spies van Heuwelkruin in aksie op die hokkiebaan.

Die seuns- en meisiespanne van elke skool warm kort voor hulle wedstryd op en hardloop op die baan met die doel om te wen. Daar kan egter net een wenner wees en beide van Oosskool se spanne word gekroon as die Limpopowenners.

Die spelers, afrigters en ondersteuners van Oosskool was oorstelp met vreugde toe hulle besef hulle is die wenners.

Lodrian Steyn van Oosskool jaag die bal.

Afrigter Izelle Delport, sê die afrigters is baie trots op die spelers.

“Hierdie jaar was dit regtig nie baie maklik in die LPL nie, dit was heeltyd vir ons ‘n onseker tyd. Ons het nie geweet of ons seuns gaan deurgaan nie, maar dit is ‘n riem onder die hart dat beide die seuns en meisies kan deurgaan na die Champ of Champs in Potchefstroom. Dit was verder moeilik aangesien daar nuwe skole is wat ingekom het in die LPL. Ons is baie dankbaar dat beide die spanne kan deurgaan, hulle het nou harde werk wat voorlê. Ons sien baie uit na die Champ of Champs-toernooi.”

Ander deelnemende skole was Laerskool Mariepskop, Unicorn Primary, Laerskool Jullian Muller, Laerskool Dr. Annecke, Laerskool Tzaneen en Laerskool Louis Trichardt.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button