Schools

Musiekgenot in elke noot vir Danica Nel

Danica Nel se liefde vir sang het sy oorsprong in beide haar ouers, en haar twee twee ouer broers wat in die verlede tyd in die musiekstudio deurgebring het.

POLOKWANE – Haar vriende en familie lê Danica Nel (15) baie na aan die hart en sy vind inspirasie vir haar musiek deur tyd saam met hulle deur te bring.

Haar liefde vir sang het sy oorsprong in beide haar ouers, en haar twee twee ouer broers wat in die verlede tyd in die musiekstudio deurgebring het.

Danica het haar laerskoolloopbaan by Oosskool voltooi en het beplan om daar aan Osies got Talent deel te neem.

“My inskrywingsvideo was reg en ek was gereed. Toe tref Covid-19 en die kompetisie word nie gehou nie. Kort hierna het familievriende ons van Rock Hard Productions vertel, en ons het vir JP Duvenage gekontak.”

Kort hierna is Danica se eerste liedjie opgeneem.

Sy is tans in gr. 9 in Hoërskool Pietersburg waar sy deel van die Amika sanggroep is, en neem ook deel aan die Con Spirito kultuurkompetisie.

Sedertdien sy vroeg verlede jaar deel geword het van die Rock Hard Music familie, het sy al meer as ‘n handvol liedjies opgeneem.

Alhoewel sy liedjies van ander kunstenaars ook sing, skryf sy graag haar eie musiek.

Haar eerste oorspronklike liedjie, Little Bad Habits, is gebore uit omgee en liefde vir haar broer wat deur ‘n moeilike tyd gegaan het, vertel sy.

“The Ones was my tweede liedjie en my derde liedjie, Life Line is nou baie onlangs opgeneem. Hiervoor het omstandighede van verskeie van my vriendinne gehelp met inspirasie. Regte mense en hulle stories inspireer my.”

Sy het ook twee musiekvideos, een van haar weergawe van Black Horse & The Cherry Tree van KT Tunstall en Little Bad Habits wat op YouTube beskikbaar is. Haar ander musiek is op Soundcloud beskikbaar.

Wanneer sy nie in die studio is nie, speel sy graag netbal of geniet ‘n lekker storieboek. Sy spandeer soveel as moontlik tyd saam met haar vriende en het ook kitaarlesse geneem, maar het dit eers gestaak.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button