Dié Osies ‘WOW’ met woorde

Die WOW-Spelfees kompetisie toets nie net leerders se vermoë om te spel nie, maar ook hulle woordeskat verby hulle graadvlak, en beslis hulle selfvertroue.

POLOKWANE – Oosskool se jong spellers het onlangs behoorlik uitgeblink in die provinsiale ronde van die Universiteit van Stellenbosch en Sanlam se jaarlikse WOW-Spelfees.

Die WOW-afkorting in dié titel staan vir ‘Woorde Open Wêrelde’ en die Osies het die wêreld beslis aan die brand gespel. Die kompetisie toets nie net leerders se vermoë om te spel nie, maar ook hulle woordeskat verby hulle graadvlak, en beslis hulle selfvertroue.

In die provinsiale afdeling is daar twee afdelings waaraan die leerders deelneem – in die krabbelafdeling word van leerders verwag om woorde neer te skryf, en in die babbelafdeling moet hulle dit hardop kan spel waarna leerders stelselmatig uitgeskakel word sou hulle fouteer.

Die onderskeie afdelings se punte word bymekaar getel wat dan bepaal wie die wenner is.

Leerders ontvang vooraf spellyste van tot 600 woorde, maar teen die tyd dat hulle op provinsiale vlak deelneem ken mededingers gewoonlik hulle woorde so goed dat spellyste van opvolgende grade ingespan moet word om die wenners te bepaal.

Die volgende Osies het hulle goed van hulle taak gekwyt, en gaan op 7 Oktober by die Universiteit van Stellenbosch teen hulle landswye eweknieë meeding:

Provinsiale uitslae:

Gr. 1

Wenner: R.J. Odendaal.

2. Pieter Botha.

Gr. 2:

Wenner: Niandri Brand.

2. Wian Smit.

3. Lienka Erwee.

Gr. 3:

Wenner: Lehan Kruger.

2. Friedrich Schulenburg.

3. Durandt Petitt.

Gr. 4:

Wenner: Avah van der Walt.

3. Mia Roos.

Gr. 5:

Wenner: Minke van der Walt.

3. Marius Smit.

Gr. 6:

Wenner: Ryal Pretorius.

2. Marine van Zyl.

3. Thylan Minnaar.

Gr. 7:

Wenner: Chantelle Barnard.

2. Beandri Redelinghuys.

3. Lisa Sinden.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version