Schools

Pietiespan Dink, eerder as Sink

Drie van PHS se spanne het onlangs aan die Dink of Sink Debatkompetisie by Hoërskool Merensky deelgeneem en met die wenbeker teruggekeer.

POLOKWANE – Dit gebeur dikwels dat ‘n mens in ‘n situasie beland waar jy op jou voete moet dink en jou luisteraars van ‘n standpunt moet oortuig. Debatvoering is ‘n belangrike deel van die lewe, ongeag of dit in formele situasies soos in die parlement is, en of dit sommer so rondom die braaivleisvuur gebeur.

By Hoërskool Pietersburg (PHS) kry leerders dikwels die geleentheid om te leer hoe om goed te debatteer, deur aan kompetisies deel te neem om hulle vaardighede te toets.

Drie van die skool se spanne het onlangs aan die Dink of Sink Debatkompetisie by Hoërskool Merensky deelgeneem en met die wenbeker teruggekeer.

Slegs hoërskoolleerders kan aan Dink of Sink- deelneem, aangesien die formaat ietwat anders is. Dit is ook hoofsaaklik ‘n onvoorbereide forum, en dus kan leerders nie dieselfde voorberei as met ‘n formele debat nie. Die fokus van die kompetisie is om Afrikaans onder hoërskoolleerders te bevorder. Daarmee saam kweek dit goeie kommunikasievaardighede en moedig die jeug aan om ingelig te wees oor aktuele sake.

PHS het een junior span en twee senior spanne ingeskryf wat na die semi-finale ronde deurgedring het.

In die seniors se finaal het die twee PHS-spanne teen mekaar te staan gekom en moes hulle hul standpunt oor die volgende onderwerp verdedig: Kragopwekking in Suid-Afrika behoort geprivatiseer te word.

Naaswenners: Nicola Enslin, Gregory Carlisle en Rachelle Laas.

Die wenners van die Limpopo Streeksfinaal: Mieke van der Slik, Lèsia Els en Helgard Muller.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button