Schools

Drie keer in ‘n ry vir HTS-langasems

Vanjaar is die derde agtereenvolgende jaar dat HTS Tom Naudé se seuns as algehele wenners aangewys word.

POLOKWANE – Nie eers die ysige wind wat oor Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se rugby veld gewaai het, kon in die landloopatlete se pad staan om te presteer nie, toe hulle Woensdagmiddag aan die 2023 Landloop Interhoërbyeenkoms deelgeneem het.

Die roete was uitdagend, en is dieselfde een wat vir die Tour de Tiger Fietswedren, die vorige naweek gebruik is. Elke atleet het 4km gehardloop, met opdraendes en afdraendes om die roete interessant te hou.

Anneke Grobler van PHS neem deel in die junior- meisiesafdeling.

Daar was ses skole wat deelgeneem het, naamlik Tom Naudé, Hoërskool Pietersburg, Curro Northern Academy, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Merensky en Hoërskool Ben Vorster.

Olubanzi Malangeni en Lucy Scheepers van Tom Naudé kort nadat hulle weggespring het. Inlas: Jan-Hendrik Hoogendyk van PHS hardloop teen ‘n gemaklike pas.

Medaljewenners:

Junior seuns:

1. Mahlatse Kekana (Tom Naudé).

2. Letlotlo Monama (Northern Academy).

3. Nicky Willemse (Tom Naudé).

Junior meisies:

1. Jané Buitendag (Merensky).

2. Cayleigh Caroto (PHS).

3. Kea Ramaifa (Tom Naudé).

Senior seuns:

1. Kutullo Sekotla (Tom Naudé).

2. El-Girnin Maarman (Louis Trichardt).

3. Thabane Ramalepe (Merensky).

Senior meisies:

1. Lohandi Schutte (PHS).

2. Minette Caroto (PHS).

3. Zoë Malherbe (Merensky).

Seunsbeker:

1. Tom Naudé: 43

2. PHS: 92

3. Merensky: 103

4. Northern Academy:109

5. Louis Trichardt: 119

Meisiesbeker:

1. PHS: 35

2. Merensky: 65

3. Ben Vorster: 111

4. Tom Naudé: 132

5. Louis Trichardt: 160

6. Northern Academy: 168

Groottotaal:

1. PHS: 127

2. Merensky: 168

3. Tom Naudé: 175

4. Northern Academy: 277

5. Louis Trichardt: 279

JD Oldewage van Tom Naudé gedurende die Interhoër Landloop.

Vanjaar is die derde agtereenvolgende jaar dat HTS Tom Naudé se seuns as algehele wenners aangewys word.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button