Werk en Wen se kleuterkuns

Die uitstalling is 'n jaarlikse instelling waartydens ouers 'n geleentheid kry om die jong kunstenaars se werk te besigtig en heerlike sop en broodjies saam met ander ouers en die skool se personeel te geniet.

POLOKWANE – Die tweede skoolkwartaal by Werk en Wen Pre-primêre Skool het onlangs met groot opgewondenheid ten einde geloop toe ‘n uitstalling van die kleuters se kunswerke by die skool gehou is.

Die uitstalling is ‘n jaarlikse instelling waartydens ouers ‘n geleentheid kry om die jong kunstenaars se werk te besigtig en heerlike sop en broodjies saam met ander ouers en die skool se personeel te geniet.

Skoolhoof Monica Strauss met trotse grootouers, Lodie en Sandra van der Schyff en jong kunstenaar Bridgette Kleynhans, voor.

“Ons het die vorige jare die uitstalling in die aand gehou maar het besluit om dit vanjaar oor ‘n hele dag te hou sodat meer ouers dit kan bywoon en die kunstenaars gedurende die oggend beskikbaar was om te spog met hul kunswerke,” vertel skoolhoof Monica Strauss.

Strauss glo dat die kleuters se kreatiwiteit ontwikkel word as hulle ‘n skoon bladsy voor hulle het en onder die leiding van hul onderwysers self iets skep in plaas daarvan om prentjies in te kleur.

Skoolhoof Monica Strauss met ouers Joandi en Danie Steenberg en kleuter Dihandi.

“Dit is so vervullend om te sien hoe die kleuters se inisiatief en kreatiwiteit elke jaar ontwikkel van ‘n paar strepe en kolle tot kunswerke wat elkeen uniek aan die jong kunstenaars is,” sê sy.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version