POLOKWANE – Pietersburg Hoërskool (PHS) het Saterdag gasheer gespeel vir die DSTV Skolenetbalreeks en uitstekend gevaar.
Waar hulle in die Botho-stroom vir stadskole meeding, het die u/19’s eerste vir die span van Hlabi ‘n netballes gegee met ‘n telling van 24-9 en daarna het hulle met ‘n telling van 17-2 met Ellisras afgereken.
PHS se volgende slagoffer was Khaiso, wat met 50-0 verloor het, en daarna Hans Strijdom in die kwarteindstyd met 25-6.
Capricorn byt in die stof in die halfeindstryd met ‘n verlies van 17-15, waarna die Pieties deurdring na die eindstryd, om daar met die meisies van HTS Tom Naudé met ‘n telling van 23-11 af te reken en met goud om die nek huis toe te gaan.
You can read the full story on our App. Download it here.