POLOKWANE – Die laaste rondes van die Botho netbaldistrikskampioenskappe is Donderdag by Oosskool gehou, waar die o/12- en o/13-spanne van Laerskool Piet Hugo, Oosskool, Pietersburg Laerskool, Noordskool, Laerskool Louis Trichardt en Laerskool Messina teen mekaar te staan gekom het.
Oosskool se eerste span (o/13) het as wenners van die Capricorndistrik uit die stryd getree, met Noordskool in die tweede plek.
Ooskool se o/13-span asook Noordskool se o/12- en o/13-spanne neem op 9 en 10 Junie deel aan die Limpopo Kampioenskappe by PHS.
Ooskool se o/12A-span het in die kwarteindronde teen Musina te staan gekom en die wedstryd 9-4 gewen.
Hulle speel in die semi-finaal teen Noordskool, waar Noordskool 10-3 wen.
Tydens die finaal vir derde of vierde plek speel hulle teen Louis Trichardt en verloor dié wedstryd. Hierdie span eindig vierde in die Capricorndistrik.
Noordskool se o/12-span se eerste wedstryd was teen Oosskool, waar hulle met 10-3 wen. Daarna speel hulle teen PLS en wen 15-9.
Oosskool se o/13-span speel in die semi-finaal teen PLS en wen 11-7. Hulle speel in die finaal vir eerste en tweede plek teen Noordskool en wen 13-7.
Noordskool se o/13-span speel hulle eerste wedstryd teen Piet Hugo, en wen 31-2.
Daarna kom hulle in die semi-finaal te staan teen Louis Trichardt en stap weereens met die wentitel weg met ‘n telling van 18-8. In die eindstryd speel hulle teen Oosskool, maar moet tevrede wees met ‘n tweede plek na ‘n telling van 13-7.