KYK: Leerders beïndruk by Eisteddfod

Tydens hierdie geleentheid kon deelnemers die beoordelaars beïndruk met hulle sang-, dans- en redenaarsvermoë. 

POLOKWANE – Leerders van verskeie skole in die stad het onlangs aan die jaarlikse Limpopo Eisteddfod deelgeneem.

Tydens hierdie geleentheid kon deelnemers die beoordelaars beïndruk met hulle sang-, dans- en redenaarsvermoë.

Vir elke afdeling is daar verskillende vereistes waaraan die leerders moet voldoen. Die redenaars is deur Petrus Jacobs, ‘n bekende in die redenaarskringe en beoordelaar van Super 12 en Radikale Redenaars beoordeel en Ignatius van Heerden het die dansitems beoordeel. Hy is self ‘n danser en dansafrigter.

Die dansafdeling het bestaan uit klassieke ballet en demi-karakter ballet.

Daar was ook moderne dans, klopdans, liriese dans en ‘n ope-afdeling.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version