Schools

15 Osie-rugbybulle vir Limpopo gekies

Oosskool is ongelooflik trots op die seuns wat gekies is tot die onderskeie spanne en weet dat hulle Oosskool se naam hoog gaan hou.

POLOKWANE- Oosskool spog met 15 rugbyspelers wat gekies is vir die Limpopo Blou Bulle-span.

Dié spelers is tydens die finale proewe wat op 5 en 6 Mei by Oosskool plaasgevind het, gekies. Tydens hierdie proewe het vier streekspanne teen mekaar gespeel. Die streekspanne se spelers is van ongeveer 23 skole.

Rugbyorganiseerder Jan-Boland Deysel, sê daar is twee o/12-Limpopospanne en twee o/13-Limpopospanne gekies en hierdie vier spanne het ‘n oefenkamp gehad op 12 en 13 Mei.

“Al vier die spanne speel hulle eerste vriendskaplike wedstryde teen die Limpopo Blou Bulle en Valke as deel van die voorbereiding vir die provinsiale weke wat later vanjaar plaasvind.”

Die o/12-spelers. Voor: Hercu de Beer, Phetolo Mokwena en Janko Venter. Agter: Vaylin Kellerman, Barry Strydom, Mauritz Venter en Keagan Smuts.

Die spelers vertrek op 2 Junie na Mbombela waar hulle teen die Pumas te staan sal kom. Hulle speel op 3 Junie in die Mbombela Stadion en sal die vorige dag ‘n laaste oefensessie bywoon.

“Die laaste wedstryde, as deel van die voorbereiding vir die provinsiale weke, vind op 10 Junie in Krugersdorp by die Thys Bezuidenhout Bondedag plaas.”

Die provinsiale weke vind tussen 21 Junie en 30 Junie in onderskeidelik Klerksdorp en Pietermaritzburg plaas.

“Ons as skool is ongelooflik trots op die seuns wat verkies is tot die onderskeie spanne en weet dat hulle Oosskool se naam hoog gaan hou tydens die provinsiale seisoen. Dit is ‘n groot voorreg en geleentheid vir elke seun wat gekies is.”

Die spanne is:

o/12 – Hercu de Beer, Phetolo Mokwena, Janko Venter, Vaylin Kellerman, Barry Strydom, Mauritz Venter en Keagan Smuts.

o/13 – Stefan Windell, Tiaan Erasmus, Ruben Vorster, Marthinus Boneschans, Lodrian Steyn, Josua Allers, Hanru Botha en Aiden Uijs.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button