Oom Tolla leer jonges ráákvat

Oom Tolla sê hy leer kinders die basiese beginsels van sports soos rugby en netbal.

POLOKWANE – Rugby is nou maar eens sinoniem met Suid-Afrika en talle jong seuns droom reeds van vroeg af oor ‘n loopbaan in dié sport.

Soos die seuns wat ontwikkelingslesse by Thomas Joubert kry by Pietersburg Laerskool se rugbyveld opdaag, is die hoop rugbyballe die eerste ding wat hulle raaksien. Elkeen vat ‘n bal en kort voor lank is hulle regoor die rugbyveld, besig om die balle te skop of mekaar te probeer plattrek.

Thomas, oftewel Oom Tolla, wat self op sy dag die SWD Arende rugbyklub afgerig het, het dié gaping in die plaaslike mark gesien om seuns en meisies (netbal) krag- en kondisioneringsvaardighede in kleiner groepe as spanverband, te leer.

“Ek leer die seuns die “Ek leer die seuns die basiese beginsels van rugbybewegings soos duik en om die bal reg uit te gooi. Vir die meisies leer ek weer netbalbewegings.” van rugbybewegings soos duik en om die bal reg uit te gooi. Vir die meisies leer ek weer netbalbewegings.”

Thomas bied dié oefeninge by skole in die stad aan en bied ook privaatlesse aan by Noordelikes Rugbyklub se velde. Die vaardighede wat die kinders touwys in maak raak ook meer ingewikkeld soos hulle ouer word. Hy rig tans kinders af tussen die ouderdom van vier en 18.

“Ek het in 2021 by ‘n ander kondisioneringsinstansie gewerk, maar in 2022 besluit om op my eie te gaan.”

Terwyl die seuns die verskillende bewegings oefen, moedig Thomas hulle vriendelik aan.

Sou hulle ‘n fout maak, word hulle rustig die kans gegun om dit reg te maak. Hy behandel elke seun dieselfde en tog ook volgens die individu se vaardighede en ouderdom.

Wanneer die seuns uitgeput huis toe gaan, is hulle én Oom Tolla tevrede en gelukkig met wat hulle die dag geleer het.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version