PHS maak skoonskip in Bosveld Intervarsity 2023

Net voor die eerste spanne die laaste wedstryde vir die dag speel, was dit tyd vir die oumanne en ouvroue om hulle slag op die rugbyveld en netbalbaan te wys.

POLOKWANE – PHS het behoorlik skoonskip gemaak in vanjaar se uitgawe van die Bosveld Intervarsity, wat Saterdag op ‘n hoë noot afgesluit is nadat netbal- en rugbywedstryde ondersteuners en vriende van die skool in ietwat kouer weer besig gehou het.

Reeds van vroeg af het die spelers en toeskouers op Hoërskool Pietersburg se gronde toegesak, gereed om hulle spelers en skole te ondersteun.

Behalwe vir die netbal- en rugbyspelers, het PHS se pom-pom meisies ook hulle danstegnieke gewys.

Hulle het voor die eerstespanne se wedstryd, asook tydens rustyd die skare vermaak met hulle danspassies.

Pietie, PHS se gelukbringer, en Tommie Tier, Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se gelukbringer, het ook gesig gewys en foto’s saam met opgewonde ondersteuners geneem.

Net voor die eerste spanne die laaste wedstryde vir die dag speel, was dit tyd vir die oumanne en ouvroue om hulle slag op die rugbyveld en netbalbaan te wys. Hierdie spelers was almal in die onderskeie hoërskole as leerders.

Die netbalwedstryde was ook die amptelike ligawedstryde tussen PHS en Tom Naudé.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version