Schools

Intervêr ‘n jolige affêre

Hoërskool Pietersburg het vanjaar die Intervarsity Bosveld aangebied.

POLOKWANE – Bosveld Intervarsity is jaarliks iets waarna byna die hele stad uitsien.

Alhoewel die groot wedstryde tussen die netbalspanne en rugbyspanne op die laaste dag van dié fees plaasvind, word daar in die dae vooraf ook meegeding in ander sportsoorte.

Vir die eerste keer het die leerders wat presteer in fietsry, ook vanjaar die geleentheid gehad om hulle pedale af te stof en kragte te meet.

Hoërskool Pietersburg het vanjaar die Intervarsity aangebied en ‘n fietsryhindernisbaan is op die skoolterrein gebou. Hier kon die deelnemers verskillende uitdagings soos walle, sandputte en steiltes aandurf.

Die baan strek oor 3.5km en die verskillende spanne het elk hulle eie hoeveelhede keer daarrondom gery.

Verder was daar ook skaak, boogskiet, jukskei, hokkie en sokker. Beide skole se personeel het Woensdagaand aan die rolbalkompetisie deelgeneem en Vrydag was daar gholf vir die manne en netbal vir die vroue.

Uitslae:
• Fietsry:
Tom Naudé se seniors wen die eerste drie plekke en die juniors die eerste plek.

• Skaak
PHS wen.

• Boogskiet
PHS wen.

• Jukskei
PHS wen al drie afdelings.

• Rolbal
PHS wen.

• Vroue netbal
PHS wen.

• Manne gholf
PHS wen.

• Hokkie
PHS wen.

• Sokker
Tom Naudé wen.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button