Schools

Waterveiligheid steeds ‘n prioriteit – Nicole Erasmus

Polokwane Review het met Nicole Erasmus van die Thornhill Swemskool gesels oor waarom dit belangrik is vir 'n kind om vroeg reeds te leer swem.

POLOKWANE – Alhoewel die somer so te sĂŞ verby is en die dae al hoe koeler word, bly swembaddens en water ‘n groot magneet vir kinders. Volgens die WĂŞreldgesondheidsorganisasie (WHO) is verdrinking die derde grootste rede waarom mense aan onnatuurlike oorsake sterf.

Die Sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming (CDC) sĂŞ op sy beurt dat die meeste verdrinkings tuis gebeur, en hoofsaaklike onder kinders in die ouderdomsgroep tussen een en vier jaar.

Polokwane Review het met Nicole Erasmus van die Thornhill Swemskool gesels oor waarom dit belangrik is vir ‘n kind om vroeg reeds te leer swem.

“Waterveiligheid is ‘n ononderhandelbare lewensvaardigheid wat ouers so gou as moontlik vir hulle kinders moet leer. Ek neem peuters vanaf 18 maande oud om te leer swem. Elke kind verskil in terme van ontwikkeling. Sommige geniet die water terwyl ander water eerder vermy.

“Ongeag hiervan moedig ek ouers steeds aan om hulle kinders vir swemlesse in te skryf, aangesien hulle gewoond sal raak aan die omgewing en die instrukteur.”

As jy ‘n swembad by die huis het, is hier algemene veiligheidsmaatreĂ«ls wat jy kan toepas, sĂŞ Nicole:

• Kinders moet te alle tye onder hulle ouers se toesig wees.

• HĂŞ ‘n reĂ«l dat niemand rondom ‘n swembad mag hardloop nie. Kinders kan gly en val, en selfs verdrink na aanleiding van ‘n hoofbesering.

• Wanneer die swembad nie gebruik word nie, maak seker daar is ook geen toegang tot die swembad nie. Bedek die swembad met ‘n seil of veiligheidsnette.

• Maak seker dat die swembad omhein is en ‘n hek het wat gesluit kan word wanneer dit nie gebruik word nie.

• Maak seker daar is drywende items in die swembad wat kan help om ‘n kind bo die water te hou.

• Hou jonger en kleiner kinders weg van groter en ouer kinders. Ouer kinders speel soms baie rof en dit kan die jonger outjies oorweldig.

Nicole erken dat swem ‘n baie gedissiplineerde sport is wat uithouvermoĂ«, krag en buigsaamheid bevorder.

“Swem dien as ‘n intense kardiovaskulĂŞre aktiwiteit wat spiermassa bevorder. Swem verlig ook asmasimptome. Maar bo alles, is waterveiligheid die grootste voordeel. Ongelukke gebeur so vinnig, en ouers moet doen wat hulle kan om dit te verhoed.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button