Schools

Odine se nalatenskap só by PHS gehuldig

Twee susters, Janke en Lize Coetzer en Odine Swanepoel, wat almal oudleerders van PHS is, is in Oktober in 'n motorbotsing in die Noordkaap oorlede.

POLOKWANE – Die eerste PHS Odine Swanepoel Netbaldag is Saterdag by Hoërskool Pietersburg ter nagedagtenis aan dié oud-Pietie gehou.

Twee susters, Janke en Lize Coetzer en Odine, wat almal oudleerders van PHS is, is in Oktober in ‘n motorbotsing in die Noordkaap oorlede.

Tshepi Leboho van PHS se o/16B span in aksie op die baan.

Odine was ‘n kranige netbalspeler wat ook vir die skool se eerstespan uitgedraf het.

Britney Cronje van PHS se eerstenetbalspan.

“Dit was ‘n ongelooflike voorreg om Odine se nalatenskap op hierdie manier te vier. Daar was 33 spanne wat in die herinneringe gedeel het,” sê PHS se skakelbeampte en netbalorganiseerder, Elmari Craig.

Abubakar Kabura van Tom Naudé se eerste span gooi die bal na ‘n spanmaat.

Odine se ouers, Lena-Marie en Jacques, en haar broer, Zander was ook deel van die dag.

“Ons as gesin voel baie geëerd en is dankbaar teenoor PHS dat hulle Odine se nalatenskap laat voortleef deur die jaarlikse PHS Odine Swanepoel Netbaldag. Dit was vir ons baie hartseer, maar net so spesiaal om Saterdag deel te kon wees van die dag. Dit was veral spesiaal om haar spanmaats, vriendinne en hulle ouers te sien. Dankie vir die borge en PHS wat dit so mooi gemaak het en dankie vir almal in ons gemeenskap en elders wat ons steeds ondersteun,” bedank Lena-Marie en Jacques die gemeenskap.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button