Schools

Tommies se kaskarre brul

Later die middag het die Tommies versterkings ontvang toe ouers en leerders van ander skole besluit het om ook in te spring en te help stoot.

POLOKWANE – Die jaarlikse Kaskarwedrenne is Vrydag soos oudergewoonte by HTS Tom Naudé aangebied en was ‘n fees vir elkeen wat deel gehad het aan die geleentheid.

Van skoolgaan was daar nie sprake nie en die Tommies het reeds vroeg begin geesvang.

Die kuipe is versier en die laaste verstellings is aan die kaskarre gemaak. Daarna het die leerders deelgeneem aan die kruiwa-aflos, troutrek en vryloop-items. Die kuipe, baniere en kaskarre is beoordeel.

Tydens die tydtoets moes elke klas twee rondtes aflê wat dan hulle wegspringposisie bepaal.

Daarna is ‘n afwysrondte gery (show lap) waartydens deelnemers stadig agter ‘n elegante, luukse voertuig om die baan kon ry sodat almal hulle kaskarre behoorlik kon besigtig.

Teen 13:00 was die leerders goed opgewarm en gereed vir die wedren om te begin.

Ondersteuners het hulle plekke rondom die baan ingeneem, om die drywers en hulle spanne aan te moedig.

Soos met enige ander sport is daar beserings, karre wat omval, bestuurders wat beheer verloor as gevolg van die spoed en selfs omstanders wat voor ‘n kar beland.

Later die middag het die Tommies versterkings ontvang toe ouers en leerders van ander skole besluit het om ook in te spring en te help stoot.

Een woord wat uit ten minste elke Tommie se mond gekom het was ‘los!’ soos hulle opdrag gee aan die spanmaats wat die karre stoot.

Daar kan immers ook net een wenner wees, en vir 2023 was die kaskarwenner Gr. 11A

Ander wenners:

• Mooiste kuip: gr. 8A.

• Mooiste banier: gr. 8A.

• Mooiste kaskar: gr. 8C en 11DE.

• Meeste gees: gr. 12AB, 12D en 11DE.

• Meeste rondtes:

Junior:

1. Gr. 9A en 8C met 93 rondtes.

2. Gr. 8B met 89 rondtes.

3. Gr. 8A met 84 rondtes.

Seniors:

1. Gr. 11AB met 121 rondtes.

2. Gr. 12AB met 116 rondtes.

3. Gr. 10A met 107 rondtes.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button