KYK: Personeel laat Pieties skater by konsert

Die gehoor is ook sommer uit die staanspoor aangesê om die kleurvolle ‘akteurs’ luidkeels aan te moedig terwyl dié soos wafferse Hollywood-sterre hul beste dramavertonings gegee het.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg se personeel het leerders, ouers en vriende van dié skool Maandagaand behoorlik laat skater tydens die jaarlikse personeelkonsert, getiteld Die Vier De Beertjies en die Groot Trek.

Die gehoor is ook sommer uit die staanspoor aangesê om die kleurvolle ‘akteurs’ luidkeels aan te moedig terwyl dié soos wafferse Hollywood-sterre hul beste dramavertonings gegee het.

Bekende kunstenaars insluitend Jack Parrow, Snotkop en Suzelle met haar Doen-Dit-Self-kennis is tot groot vermaak van die gehoor uitgebeeld.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version