Schools

Reffies sê Middagskool is tops!

Akademie Reformia het onlangs 'n Donderdag Middagskool vir hulle leerders aangebied, en was dit nou 'n prettige storie!

POLOKWANE – Akademie Reformia het onlangs ‘n Donderdag Middagskool vir hulle leerders aangebied, en was dit nou ‘n prettige storie!

Elke leerder moes die Donderdagoggend by die skool aanmeld in gewone skooldag, en naskool kon hulle hul klere agterste voor en onderstebo aantrek, want Vrydag se klasse is toe sommer dieselfde middag aangebied.

Polokwane Review het met ‘n paar leerders gesels oor hoe hulle dié middag ondervind het.

Nathan Wessels: Die beste deel van Middagskool was dat ons ons klere verkeerdom kon aantrek en ook die tweede pouse wat ons gekry het.
Aleck Willemse: By Middagskool het ons van meer dinge geleer as net die gewonde goed. En dit is lekker om jou klere verkeerdom en onderstebo aan te trek.
Karmi Fourie: Ons het meer geleentheid gehad om te speel by die Middagskool, want daar was ook ‘n ekstra pouse!
Natilie Gouws: Middagskool is lekker, want ons doen ander dinge as net die gewone skoolgoed.
Amelie Backer: Ons kon meer tyd saam met ons vriende spandeer en kreatiewe aktiwiteite doen.
Kirsten Pelser: Wat die Middagskool lekker gemaak het, is dat ons Vrydag by die huis kon bly!
Ettienne Rabe: Ons het lekker gewerk is Middagskool en kon toe Vrydag ‘n bietjie afvat.
Kiara van Dyk: Dit was lekker om Middagskool te kon hê, want ons kon lekker pret hê.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button