Schools

Kolwyntjies ‘n bakplan om operasiekoste te delg

Chanté du Plessis, 'n kranige hoërskoolatleet, het haar enkel in Januarie op twee plekke gebreek terwyl sy aan 'n plaaslike atletiekbyeenkoms deelgeneem het.

POLOKWANE – ‘n Oogmerk van 450 dosyn (5 400) kolwyntjies is wat die eienaar van My Own Little Cakery!, Nanette Potgieter, in gedagte het om haar vriendin Chanté du Plessis met mediese koste by te staan.

Chanté, ‘n kranige hoërskoolatleet, het haar enkel in Januarie op twee plekke gebreek terwyl sy aan ‘n plaaslike atletiekbyeenkoms deelgeneem het.

Charlene, Chanté se ma, vertel dat die ‘n onwerklike gevoel was toe haar ander dogter haar gebel en ingelig het van die voorval.

“Dit was baie erg vir my. Ons mediese fonds het eers op 1 Februarie in werking getree, en ek was bekommerd oor die uitgawes. By die privaat hospitaal waarheen Chanté geneem is, het hulle X-straalplate geneem en gesien sy het haar enkel op twee plekke gebreek. Sy moes dringend ‘n operasie ondergaan.”

Met haar hande in haar hare, moedeloos en desperaat nader Chanté ‘n familielid vir ‘n lening. Die operasie kan voortgaan en daar word ‘n skroef en plaat in Chanté se voet gesit.

Chanté was op 20 Januarie op die operasietafel, en dié onkoste is deur ‘n lening gedek.

Sy loop tans met behulp van krukke, en fisioterapiesessies lê nog voor.

Nanette het gedink dié kolwyntjiebakkery kan help om van die kostes te delg en saam bak en versier dié twee kolwyntjies om te verkoop. “Ons bak maar in die vroeë oggendure, tussendeur beurtkrag en my werk. Ons het nog 389 dosyn oor om te bak. My man boer en behalwe vir Abigail het ons nog ‘n seun in die laerskool.”

Om kolwyntjies te bestel, skakel Nanette by 083 744 5799.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button