Sport-Pieties spog met hoëverrigtingsentrum

Die sentrum bied gym-toerusting vir die leerders se gebruik en Leandra Pieterse sal na skool by die sentrum wees om die atlete en sportmanne en -meisies by te staan.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg streef daarna om net die beste vir die leerders te bied. Of dit in die klaskamer is, op die verhoog, of op die sportveld.

‘n Nuwe toevoeging tot die skool is die PHS Discovery Sportsentrum. Dié is vroeër die maand amptelik tydens ‘n kort seremonie ingewy.

André Visser van Discovery, Andri Weyer, die skool se beheerliggaam voorsitter, Lizanne Dreyer en Leandra Pieterse van Lizanne Dreyer Biokinetikis en skoolhoof Adolf Ellis was van die gaste wat dié eerste vir PHS geleentheid bygewoon het.

“Die projek is reeds in 2021 begin beplan en ons is bly dat die leerders dit nou ten volle kan gebruik,” sê Ellis.

Die sentrum bied gym-toerusting vir die leerders se gebruik en Leandra sal na skool by die sentrum wees om die atlete en sportmanne en -meisies by te staan. Anerett Grey se fisioterapiekamers is ook naby die sentrum.

Die leerders sal gedurig gemonitor en geëvalueer word en voor elke wedstryd sal die afrigters saam met die terapeute besluit of die leerder fisiek reg is om deel te neem. So kan beserings verminder en selfs vermy word.

Zandré; van Rooyen: Ek glo dit sal ons help om ons vaardighede te verbeter, Die atlete en sportsterre sal meer oefeninge kan doen om hulle liggame fiks en sterk te kry en sodoende goeie resultate te lewer.
Bertus Jacobs: Sportsentrums is ‘n goeie ding vir ‘n skool. Dit help die leerders om aan ander dele van hulle liggame te werk en sodoende fisies sterker te raak.
Zoë; Dunster van den Heever: Ek dink die nuwe sportsentrum wat gebou is, is baie goeie manier om ons aan te moedig om te begin deelneem aan span sporte en ook om self te begin oefen. Dit maak mens trots en toegerus voel. Ek dink ook dit gaan definitief lei tot verbetering in ons fiksheid en performance op die baan en veld.
Anmari Grobler: Ek dink die sportsentrum gaan ons baie help. Ons doen gereeld fiksheid, maar ons vergeet soms hoe belangrik kragwerk is, veral as ons as spelers wil uitstaan met ons spel. Dit is ruim genoeg vir vol spanne, met baie toerusting vir verskeie oefeninge. Daar is ook ‘n biokinetikus om ons te help met enige probleme.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version