Schools

Fikse fietsers trap leerders in ‘n splinternuwe saal in

Die sweet het getap soos wat spanne teen mekaar te staan gekom het om te kyk wie die vinnigste kan trap en só Akademie Reformia se beursies kan aanvul.

POLOKWANE – BodyLife Bendor was Vrydagmiddag ‘n miernes van bedrywighede.

Die gewone gimnasiumapparate was leeg, maar volg jy die musiek, dan kom jy af op ‘n klomp mense wat uitgelate besig is om fiets te trap.

Dit was weer tyd vir die jaarlikse Akademie Reformia #420 en #functionalfitness spin-marathon waartydens die skool geld insamel.

Debbie Night is in span Era en geniet die uitdaging.

Vanjaar se geld gaan gebruik word om ‘n saal en afdakke by die skool te bou.

Vrydag was daar ongeveer 30 spanne van sewe deelnemers wat getrap het.

Die reëls was eenvoudig: Geniet jouself en wanneer jy moeg raak, klim af sodat ‘n spanmaat kan oorvat.

Justin Pierce lyk asof die spin geen moeite vir hom is nie.

Daar was ‘n verskeidenheid stalletjies met heerlike eetgoed en lafenisse teen die hitte.

Die kinders het hulle eie pret gehad deur aan te sluit by die Kids Fun Fitness-klasse waar instrukteurs van Gymstars hulle besig gehou het met pretoefeninge.

“Hierdie projek was weereens ‘n reuse sukses. Ons is dankbaar teenoor elke ouer, onderwyser, leerder en die gemeenskap vir hulle aandeel in die sukses,” sê waarnemende skoolhoof, Natasha Fourie.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button