Mokopane swemmers presteer by SA’s

Swemmers van vyf skole in Mokopane het onlangs tydens die SA Skole Swemkampioenskappe in Bloemfontein verteenwoordig.

MOKOPANE – Swemmers van Hoërskool Piet Potgieter (HPP), Laerskool Krugerpark (Krugies), Thorntree Preparatory School, Laerskool Nylstroom en Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool het die provinsie van 4–8 April verteenwoordig tydens die SA Skole Swemkampioenskappe in Bloemfontein.

“Dit was ‘n uiters strawwe kompetisie met deelname van al nege provinsies van Suid-Afrika. Om in die finaal te eindig was op sigself ‘n besonderse prestasie – slegs 10 swemmers per slag en ouderdomsgroep kon kwalifiseer,” het die organiseerders gesê.

Jadine Grobler verower ‘n goue en silwer medalje terwyl Kinique Stols ‘n brons medalje behaal het.

Hoërskool Piet Potgieter se sterre:

Carla Dannhauser het in ses individuele items die finaal gehaal en aan drie aflosspanne deelgeneem.

Carmi Schoeman het in twee van haar vyf individuele items die finaal gehaal en was deel van twee aflosspanne in die ope-ouderdomsgroep.

Stephanie Dannhauser het in vyf van haar ses individuele items die finaal gehaal en ook aan drie aflosspanne deelgeneem.

Micke Prinsloo het in al haar individuele items die finaal gehaal en was deel van twee aflosspanne.

Marnus Truter het in vyf van sy ses items die finaal gehaal en aan vier aflosspanne deelgeneem.

Laerskool Krugerpark se swemtalent:

Jadine Grobler het in vyf van haar ses individuele items die finaal gehaal. Sy het ‘n goue medalje gewen in die 100m vlinderslag en silwer in die 50m vlinderslag. Sy het ook aan drie aflosspanne deelgeneem.

Kinique Stols het in al vier van haar individuele items die finaal gehaal, ‘n brons medalje gewen, en in drie aflosspanne deelgeneem.

Evan Potgieter het goeie tye in sy drie individuele items behaal en was deel van drie aflosspanne.

Shaun Teich het in vier van sy vyf items die finaal gehaal en aan vier aflosspanne deelgeneem.

Thorntree Preparatory School:

Mamoso Ramokgopa het aan vier individuele items deelgeneem en drie persoonlike beste tye behaal.

Ranti Ramokgopa het in twee items deelgeneem en twee persoonlike beste tye geswem.

Laerskool Nylstroom:

Ruan Turvey het in twee items die finaal gehaal en aan twee aflosspanne deelgeneem.

Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool:

Luan Venter het in drie items die

finaal gehaal en sy skool se naam met trots verteenwoordig.

Die swemmers en hul ouers het ‘n spesiale woord van dank gerig aan Awie Hattingh vir sy toewyding en ondersteuning.

“Hy help om van elke swemmer ‘n wenner te maak,” het ‘n ouer gesê.

Vir volledige uitslae en foto’s van die kampioenskappe, besoek Tuks Mokopane Swemklub se Facebookblad.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version