Hengel ‘n passie vir Lugion

Hierdie gr. 8-leerder van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het onlangs aan die o/19B SA-varswaterkompetisie deelgeneem.

POLOKWANE – Op die ouderdom van 10 het Lugion Langenhoven (14) sy hart op visvang verloor en vandag is dit bykans al wat hy wil doen.

Hierdie gr. 8-leerder van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het onlangs aan die o/19B SA-varswaterkompetisie deelgeneem, wat by die Bloemhofdam gehou is.

“Die eerste dag het ek baie goed gevaar, maar die tweede dag was minder goed. Tog het ek met my gemiddeld plek in die SA-span gekry. Ek was verskriklik bly en ek het hard gewerk om dit reg te kry. Ondanks moeilike weersomstandighede nie, ek het gemotiveerd gebly.”

Lugion sê hy hou daarvan om langs die dam en in die natuur te wees. “Ek vang graag bass, waar ek die aas ingooi en uittrek tot die vis byt. “Daar is verskillende aspekte wat die sport interessant maak. Dit is belangrik om op die regte plek te gooi en die regte aas te gebruik. Ek maak my eie aasbomme.”

Al het hy al van ‘n boot af in die diepsee visgevang, geniet hy die varswaterhengel meer.

“Die lekkerste is wanneer die vis byt en dan ook om in die natuur te wees. My gunsteling dam is Bloemhof Dam en ek het al by bykans elke dam in Limpopo gevang. Die enigste moeilike ding is om die dam waar jy vang, te leer ken.”

Wanner Lugion nie langs die viswaters en in die natuur is nie, speel hy graag rugby en oefen gereeld om sy vaardighede te verbeter.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Exit mobile version