Local News

Odette Pohl nog in hospitaal, botsing eis vriend

Odette Pohl (22) en Lourens Kruger (26) is ernstig beseer in die botsing wat op Saterdag, 28 September op die R518 tussen Mokopane en Zebediela plaasgevind het.

MOKOPANE – ‘n Kop-teen-kop-botsing tussen ’n bakkie en ’n minibus het tot die dood van vier mense gelei en die lewe van twee jong mense, wat maar net vir ‘n paar maande in ‘n verhouding was, ingrypend verander.

Odette Pohl (22) en Lourens Kruger (26) is ernstig beseer in die botsing wat op Saterdag, 28 September op die R518 tussen Mokopane en Zebediela plaasgevind het.

Volgens Tidimalo Chuene van die Departement van Vervoer, is drie manspassassiers in die minibus oorlede en het die bestuurder ernstige beserings opgedoen. Daar is nie meer inligting bekend oor die ander passasiers nie.

Die beseerdes is na die Voortrekker Hospitaal geneem, maar hul beserings was so ernstig dat hulle na ander hospitale oorgeplaas is.

Kruger, wat in 2016 die onderhoofseun by Hoërskool Piet Potgieter was en op die plaas Modderfontein tussen Zebediela en Mokopane geboer het, is ná die ongeluk na ’n hospitaal in Pretoria gehaas, maar hy is egter op 5 Oktober in die hospitaal oorlede terwyl Pohl in ‘n privaat hospitaal in Tzaneen opgeneem is.

Pohl is op Maandag, 7 Oktober vir die derde keer geopereer. Sy het veelvuldige frakture aan beide hakke, haar knie, skouer en elmboog opgedoen asook ernstige beserings aan haar mond.

Odette Pohl het reeds verskeie operasies ondergaan.

Sy is ook vir inwendige bloeding behandel.

Volgens Corné Pohl het haar dogter reeds twee maagoperasies ondergaan.

“Die dokter wat haar geopereer het, het haar lewe gered,” het sy gesê.

Pohl is Maandagmiddag weer geopereer om die patella in haar knie te herstel.

“Beide haar arms en haar hakke en enkels is gebreek. So ook haar tande, maar ons is nog nie seker van die skade aan haar kakebeen en gesig nie. Alles wat lewensbedreigend is, is genadiglik hanteer. Daar lê nog ’n lang pad vir Odette voor met talle operasies wat gedoen moet word,” het sy bygevoeg.

“Ons is so dankbaar vir die gemeenskappe in Mookgophong, Mokopane en Tzaneen asook ons families. Ons is verstom oor die hulp en ondersteuning wat ons ontvang om ons arms hoog te hou.”

Pohl se familie samel tans geld in om die hospitaalkostes te dek, aangesien Pohl in die driemaande-wagtydperk was by ‘n nuwe mediese fonds, toe die botsing gebeur het.

Die Limpopo Chef’s Academy, waar Pohl werksaam is, verkoop gelukplukkaartjies en jy kan groot pryse wen.

Vir meer inligting oor hoe om die poging te ondersteun, skakel vir Sumari Prinsloo by 082 221 6436.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button