Voor jy plant, sien eers jou droomtuin in jou gedagtes

Nadine Phillips het tydens die maandelike tuinbouvergadering op 17 September aan lede verduidelik hoe die tuin waarin die vergadering gehou is, mettertyd lewe gekry het.

POLOKWANE – Met die wat tuinliefhebbers in die stad dikwels met watervoorsieningprobleme sit, is dit bykans onmoontlik om groot tuine met baie plante en groot grasperke te onderhou, en kleiner, meer bestuurbare tuine raak al hoe meer die neiging.

Nadine Phillips het tydens die maandelike tuinbouvergadering op 17 September aan lede verduidelik hoe die tuin waarin die vergadering gehou is, mettertyd lewe gekry het.

“Die bouers was nog besig toe ek begin ontwerp en beplan het aan die tuin. Die eienaar, Benissa van Heerden, het ‘n klomp klippe (stepping stones) vir my gelos wat ek ook in die tuin moes inwerk.”

Nadine sê sy teken eers haar hele plan op papier voordat sy die kwotasie vir die kliënt stuur.

“Op die plan word daar gespesifiseer waar hulle wat moet plant. Benissa het spesifiek privaat hoekies waar kliënte na behandeling kan ontspan, gesoek. Die hoekies kan ook gebruik word vir verjaarsdagpartytjies sonder dat gaste gepla word.”

Nadine het verder ‘n paar voetstukke met sementballe op, strategies in die tuin geplaas. Sy het die swembad as middelpunt gebruik en die plante eerste geplant.

“Jy moet die prentjie van jou droomtuin in jou gedagtes sien. Gaan dit ‘n formele of informele tuin wees, gaan die wind pla, kry die omgewing ryp en is daar morsige plante in die nabye omgewing of nie? Maak seker daar is genoeg ruimte tussen die plante. Voordat jy ‘n plant in die gat sit, gooi eers water daarin. Dan gooi jy jou kompos of kunsmis in. Dit gee jou plant ‘n voorsprong. Vir die eerste twee weke moet jy dit goed nathou.”

Na afloop van die vergadering het die tuinbouklublede in die tuin rondgestap en Nadine se werk bewonder.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version