Local News

Kremetartmanne en hul 34 talente

N.G. Kremetart in Polokwane het ontstaan met die samesmelting van die voormalige gemeentes van N.G. Bendor en N.G. Oos.

POLOKWANE – Lede van die Mannebedieningaksie van die N.G. Gemeente Kremetart in die stad het onlangs ‘n praatjie deur ds. Freddie Prozesky bygewoon en besin oor die 34 talente waarmee mense bedeel is.

Prozesky is ‘n ‘n gekwalifiseerde lewensafrigter wat persone kan help om hul talente te ontdek en te ontwikkel.

“Elke persoon het 34 talente waarvan sommige werklik sterk of swak punte is. Die geheim is om te weet watter is jou sterk en swak punte en dit dan so in te span dat jy die maksimum voordeel daaruit kan kry op elke terrein van jou lewe,” het Prozesky gesê.

“Almal is uniek gebore en jou talente is in jou DNS vasgelê. Almal het nie ewe veel talente nie en elkeen se talente verskil maar jy kan op jou eie unieke manier ‘n waardevolle inset tot enige span lewer,” het dr. Tjaart Meyer, leraar van die gemeente gesê en bygevoeg dat talente bestuur moet word, anders kan dit baie negatief ervaar word. “Word die beste jy en moenie die talente waarmee jy geseën is, begrawe nie,” het hy opgesom.

N.G. Kremetart in Polokwane het ontstaan met die samesmelting van die voormalige gemeentes van N.G. Bendor en N.G. Oos.

Die gemeente fokus daarop om die belange van al sy lidmate te dien, vanaf voorskoolse kinders tot bejaardes. Een daarvan is die Mannebediening onder leiding van Hannes Lerm en hy kan by 082 856 5805 bereik word indien enige person begerig is om aan die aktiwiteite van die Mannebediening deel te neem.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button