Kuier saam Pieties by Bosveld Kuierfees

Hoërskool Pietersburg maak gereed om die eerste Afrikaans-inni-Bosveld Kuierfees aan te bied met hope pret en vermaak beplan.

POLOKWANE – Behalwe vir Hoërskool Pietersburg se normale besige skedule, maak hulle gereed vir die eerste Afrikaans-inni-Bosveld Kuierfees. Hierdie fees wat op 19 Oktober plaasvind, beloof om propvol pret en vermaak te wees met name soos Barto, Leah en Snotkop.

Die semi-plaaslike Ons-sangpaar, Ruvé Erasmus en Marco van Deventer sal ook op die verhoog te sien wees.

Daar gaan ook ‘n talentfees wees met hope talent items uit PHS soos dans, instrumentaal, solo sang, groepsan en instrument met sang.

Die fees vind op die rugby A-veld plaas en die buitelug-ekspo op die netbalbane.

Die vermaak is nie net vir volwassenes nie, maar ook vir kinders en daar is ‘n verskeidenheid stalletjies waar almal kan kuier.

Stalletjies sal iets van als hê, van verskeie kosstalletjies, egte silwer juwele, kinderspeelgoed, handgemaakte goedere en klere.

Caterlim hou ‘n sterkman-kompetisie by hul stalletjie waaraan enige een kan deelneem.

Hekke open reeds om 11:00 en teen 12:00 kan besoekers die biertuin besoek vir iets koel vir hulle keel.

Kaartjies kos R200 vir ‘n volwasssene, R130 vir ‘n leerder en R50 vir parkering. Daar sal ook kaartjies by die hek besikbaar wees.

Vir meer inligting kontak die skool by 015 297 3201. Toeganskaartjies sowel as parkeerkaartjies beskikbaar by https://pieties.co.za/product/afrikaans-inni-bosveld/

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version