Doen jou deel vir Santa Shoebox

Danksy dié inisiatief ontvang meer as ‘n duisend families jaarliks iets besonders vir Kersfees.

POLOKWANE – Vir die afgelope 17 jaar al is Suid-Afrikaners betrokke by die Santa Shoebox liefdadigheidsprojek.

Met dié projek skenk die gemeenskap persoonlike skoenbokse wat met spesifieke items gevul is – items soos ‘n kledingstuk, seep en speelgoed.

Die bokse word dan aan minderbevoorregtes in die gemeenskap geskenk. Daar word jaarliks aan meer as 1 000 families oor die land bokse geskenk. Om ‘n boks te skenk moet jy gaan ‘pledge’ op Santa Shoebox se webwerf. Daarna word die bokse gepak en by ‘n sentrale punt afgegee. Dit word dan verder verpak en na die spesifieke fasiliteit geneem.

Die ‘pledging’ het reeds op 1 September geopen en lesers kan op die webwerf gaan aandui dat hulle ‘n boks wil skenk, hoeveel bokse en aan wie hulle dit wil gee.

Die koördineerder van Santa Shoebox Polokwane, Melissa Sterck, sê daar is verlede jaar 100 kinders se harte plaaslik bly gemaak. “Hierdie jaar wil ons 150 kinders bereik en ons beoog om die getal elke jaar groter te maak.”
Bokse kan op 1 November tussen 15:00 en 17:00 by Pemps (op die hoek van Magazynstraat en Groblerstraat) of op 2 November tussen 08:00 en 13:00 afgegee word.

Riglyn oor hoe om ‘n boks te pak:
• Kry ‘n leë skoenboks of plastiese houer (nie groter as 20x34x11cm) en versier dit.
• Druk die Santa Shoebox etiket.
• Plaas die volgende items in die boks:
Tandepasta, tandeborsel, seep, waslap, kledingstuk, ‘n opvoedkundige item, ‘n pakkie lekkers en ‘n speelding.
• Sit ‘n rekkie om die boks om alles mooi vas te hou.
• Enige sak waarin die die boks kan pas, om die boks in huis toe te dra.
Meer inligting kan op die webwerf, santashoebox.org.za, verkry word,

Vir enige verdere navra kontak gerus vir Melissa Sterckx by 072 715 5484 of stuur ‘n e-pos na melissasterckx@santashoebox.org.za.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version