20 jaar van die Witkruis Monument

Die doel van die Witkruis Monument is dat elke jaar se plaasmoorde in Suid-Afrika – sedert 2004 – jaarliks in September te gedenk deur die plant van 'n metaalkruis vir elke boer en elke slagoffer.

MOKOPANE – Die hartseer en bloed wat onnodig gevloei het teen die voet van Ysterberg, tussen Mokopane en Polokwane, waar die son stilletjies elke oggend oor die horison kom loer – dit is daar waar die Witkruis Monument verskyn, waar elkeen ‘n naam het, elkeen ‘n storie vertel, ‘n storie van marteling en moord.

Mense het van heinde en ver saamgekom verlede Saterdag om kruise te plant ter eerbetoning vir die boere en hul gesinne wat die afgelope jaar vermoor is.

Vanjaar is ook die monument se 20 jaar-herdenking.

Die voertuig en perde gevolg agter Liam May en Magda Goddard.

Die doel van die Witkruis Monument is dat elke jaar se plaasmoorde in Suid-Afrika – sedert 2004 – jaarliks in September te gedenk deur die plant van ‘n metaalkruis vir elke boer en elke slagoffer.

Altesaam 34 nuwe kruise is bygevoeg by die meer as 3 000 wat reeds in die jare tevore in die grond geplant is. Een van dié kruise is vir die boer wat verlede jaar doodgebrand het in die Vrystaat brande.

Liam May het ‘n staptog teen plaasmoorde aangedurf en op Maandag, 2 September vanaf die Voortrekker Monument in Pretoria vertrek waar hy 260km vir twee weke stap tot by die Witkruis Monument. Magda Goddard en haar perd, King het saamgestap.

Die gemeenskap ondersteun Liam May en Magda Goddard met ‘n voertuiggevolg.

Teen Woensdag, 11 September het hulle in Mookgophong aangekom waar die boeregemeenskap hulle met oorweldige ondersteuning en gasvryheid ontvang het en saam ‘n optog deur die dorp gestap of gery het.

Op Donderdag, 12 September het Liam en Magda Mokopane bereik en die gemeenskap het hulle ondersteun en saam deur die dorp gevorder.

Liam May, Magda Goddard en haar perd, King stap deur die dorp met ‘n gevolg.

“Ek doen dit vir elke liewe een van die boere by die Witkruis Monument, elke liewe naam op die kruise, van ‘n boer wat vermoor was en vir die 34 nuwe kruise wat geplant word. Een van daardie kruise is ‘n 14-jarige seun wat onnodig vermoor is. Ek doen dit vir hulle,” vertel Liam.

Jas Hansen, historikus van die bosveld saam met Liam May, Magda Goddard en haar perd, King. Regs bo: Die gemeenskap ondersteun Liam May en Magda Goddard met ‘n voertuiggevolg.

Die verrigtinge het Vrydagaand begin met die aanskakel van die ligte, en Saterdag is geopen met skriflesing en gebed waarna die Bittereinderkommando met hul perde en vlae die berg in ‘n kleurryke prentjie omskep het.

Emosionele familielede en vriende het die kruise in ontvangs geneem en met ‘n laaste eerbetoon die kruis in die grond ingeslaan, sommige met foto’s, ander net die naam.

Die dag is afgesluit met ‘n minuut stilte waarin die kanonskoot geknal het oor die berge.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version