Local News

Danspassies vermaak gehoor

Dansers van Vida Dança het Vrydagaand hul talent ten toon gestel en gehore met hul optredes betower.

POLOKWANE – ‘n Aand gevul met magiese vermaak het Vrydagaand op ondersteuners van die Vida DanÇa dansers gewag.

Tydens dié glansgeleentheid het die dansers in groepe of individueel gewys wat hulle geleer het deur die jaar. Hulle kon ook hulle talente, wat bygedra het tot vele pryse by die kompetisies die afgelope jaar, ten toon stel.

Dansers het gesorg vir asem-ophou-oomblikke soos hulle oor mekaar gespring het of mekaar hoog in die lug opgetel het. Danse wat uitgevoer is sluit in hip-hop, Latynse dans, ballet en kontemporêr.

Van kleuters tot volwassenes het gewys wat in hulle steek met egalige bewegings wat luide applous uit die gehoor gelok het.

“Ons is baie trots op hierdie dansers en sien uit na die Limpopo kampioenskappe op 27 September by Weesgerus,” het Megan Henning, eienaar en afrigter by Vida DanÇa, opgemerk.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button