Local News

Mokopane boere raadop oor boewe wat beeste teiken

Die Heritage Protection Group (HPG) is onlangs weer dringend uitgeroep na 'n plaas op Ysterberg, waar drie beeste van 'n boer geslag is.

MOKPANE – Boere in die omgewing is raadop en briesend oor die boosdoeners wat keer op keer beeste op plase en kleinhoewes teiken.

Die Heritage Protection Group (HPG) is onlangs weer dringend uitgeroep na ‘n plaas op Ysterberg, waar drie beeste van ‘n boer geslag is.

“Dit is die tweede keer dat die verdagtes op dieselfde plaas toeslaan,” sê Hendrik Hattingh van HPG en bevestig dat die verdagtes reeds vroegmiddag al by die plaas afgelaai word, waarna hulle die beeste dan nader na die pad jaag.

Hendrik sê dat die beeste wreed behandel word.

“Die beeste se hakskene word gekap en dan een vir een geslag.” Hy bevestig dat die spore en bewyse toon dat die voertuig wat die oplaaiwerk doen dan gekontak word waarna die vleis opgelaai word. Net die ingewande, uier en hart word agtergelaat.”

Hy sê die modus operandi is dieselfde as met die ander beeste wat onlangs geslag is in dié omgewing.

“Die nedersetting en huise is geïdentifiseer waar die vleis heen gaan en die veediefstaleenheid ondersoek tans die saak.

“Ek is opgewonde dat daar binnekort arrestasies kan volg sodat hierdie aanhoudende probleem tot ‘n einde kan kom.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button